BitterBek BellaBok

Scaring the BeCheezus out of the Three-dimensional Bell Jar
(hat tip to cheese-making, poetry and quanta)


























BitterBek BellaBok

die klok se tong is weg
die klok se tong is weg
stomme ding
kannie sing
maar probeer weer en weer
tot die blitse slaan,
die donderwolke staan
en alles in 'n stortvloed vergaan
vermy dit, lief dit
beter as bleek sielewit

dit klou soos voëlent
klewerig, bewerig
pluk dit af met vel en al
dunvellig, mal; se jy?
dan: 
alles is verby:
trots kom voor die val
(die val SAL kom)
al hou jy jouself dom
geen toorpraatjies vir smartvraatjies
geen plesier in lyding, sies-dier
skribbel, dribbel, spoeg
alles is net sielewroeg

soos die ouers met hul perspruim mondjies
soos die kreupel-geskopte hondjies
wil jy regtig weet?
skuif aan, skuif aan
dis maar net die drie-kreet hoenderhaan
op sy geurige wan-hoop
van grasie lankal gestroop
maar kraai en kraai
alles in sy maai
goeie môre, pierrewaai
in my oordrom gekerf
baas vannie snertwerf
-al wat jy erf-
koud en rou en seer
keer op keer

moontlik hierdie slag 'n kans?
moontlik hierdie slag balans
nee
nee
nee
alweer 'n fisies-kale krans

oop en toe
los en vas
hardloop weg vannie las
hoe en hoe
lammer-slag
hoontjie-lag
klaar gewag

vader, vat weg die woorde van klonthawerpap
vermeng met pienk pomelosap
vat weg die sny van die stomp kaasmes
vat weg die gesukkel en gekwes
leer op laats jou les 

Enhanced by Zemanta

Popular Posts