LeMon Tree
Skielik is jy vry (Suddenly, you are free)
As niemand van jou hoor nie,
as niemand van jou weet nie,
kan jy tog niks verloor nie,
kan niemand jou vergeet nie.
As niemand jou bemin nie,
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie,
kan niemand jou versaak nie.
Dis tog so eenvoudig:
dis jy, alleenlik jy,
en die groter sorge
gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie,
net die vrede bly.
Niks om te betaal nie-
en skielik is jy vry.
As jy op niemand leun nie,
en niks van iemand vra nie,
hoef niemand jou te steun nie,
hoef niemand jou te dra nie.
Dis tog so eenvoudig:
dis jy, alleenlik jy,
en die groter sorge
gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie,
net die vrede bly.
Niks om te betaal nie-
en skielik is jy vry.
I guess the lemon tree is not home free.

